Graad 4 Kwartaal 1 (Afrikaans 1ste Addisionele Taal) volgens CAPS dokument opgestel en in weke verdeel. Sien uiteensetting van Week 1 en 2. Die werkboek het 95 bladsye en sluit in klastoetse en werkvelle om vaslegging te doen.
Week 1 en 2
1. Luister en praat: Luisterbegrip: Luister aandagtig na stories.
a) Hoe kan ek beter luister.
b) Gee ‘n eenvoudige persoonlike vertelling deur dit in die korrekte volgorde te vertel. (Gebruik eie ervaring)
c) Vertel ‘n storie terug in die regte volgorde.
d) Dra ‘n gediggie voor.
e) Reageer fisies op instruksies.
f) Speel ‘n eenvoudige taalspeletjie.
2. Lees en kyk: Lees ‘n storie:
a) Pre-lees: Voorspel na aanleiding van ‘n prent wat in die storie gebeur.
b) Beantwoord vrae oor ‘n teks.
c) Identifiseer die hoofkarakters
d) Vertel ‘n storie in korrekte volgorde.
3. Skryf en aanbied:
a) Skryf ‘n slot vir ‘n storie.
b) Skryf sinne om uitdrukking aan menings of gevoelens oor die storie te gee.
c) Gebruik punktuasie korrek.
d) Skryf ‘n eenvoudige, persoonlike vertelling met behulp van ‘n raam. (Skryf uit eie ervaring. Vertel gebeurtenisse in die korrekte volgorde.)
4. Taalstrukture en-konvensies:
Werk met woorde:
a) Gebruik ‘n woordeboek vir korrekte spelling van woorde.
b) Skep ‘n persoonlike woordeboek.
c) Skryf die letters van die alfabet bo-aan bladsye.
d) Skryf 5 woorde en hul betekennisse neer en gebruik dan die
woorde in sinne.
e) Alfabetiese rangskikking van woorde.
f) Vokale en konsonante.
g) Antonieme en sinonieme
Werk met sinne:
a) Selfstandige naamwoord: Soortname (meervoud, geslag, verkleining)
b) Spelling
d) Leestekens: punt, komma, vraagteken.
(Woorde word in konteks gebruik in leesstukke.)
Kontak ons:
Tel en adres besonderhede:
Kantoor inligting:
Indien u ons adres benodig kan u ons 'n e-pos stuur na info@leerafrikaans123.co.za
Cell: SMS na (071) 6035105 en ons sal na u terug kom
Sales: info@leerafrikaans123.co.za