Leer Afrikaans 123
Mariet - 2024-01-02
Baie dankie vir die aanstuur.
Dis ‘n magdom materiaal om mee te werk en ek glo dis enige onderwyser se droom om sy hande op hierdie goed uitgewerkte
lesse te sit.

Vir ons doeleindes het ek die volgende gedoen:
•Ek het vir Graad R die storieprente en Alfabet net so gebruik soos jy aangestuur het.
•Vir al die ander Grade het ek gefokus op die leeslessies (soos wat ons behoefte tans is)
•Voorlees, selflees, begripstoetsies ens ens.
•Ek het geen materiaal gebruik wat afgerol gaan word nie, die Juffrou hou alles in haar hand, sy en kinders lees uit haar boek en sy vra vrae uit haar boek.
•Die beheer oor afdrukke is te enorm (ons het 155 fasiliteite, en het al op hoeveel skole afgekom wat ons eie materiaal afdruk.
Hulle verstaan nie die konsep nie en ons gaan nie ‘n kans waag met jou materiaal nie.)
•Die oomblik as ons sien ons wil verander, sal ons jou kontak.
•Ons gaan ook, soos ons toestemming reeds het, kyk na jou ander materiaal wat jy aangestuur het.

Ek wens jou weereens geluk – jy kan soooo trots wees op jou werk.
Dankie vir Leerafrikaans123 !!!

Groete
Mariet

Elsa - 2018-03-09
Wil graag swart kinders leer Afrikaans praat.
Mirrie Joubert - 2017-01-18
Ek wil graag Leerafrikaans 123 se webblad by almal wat hier lees aanbeveel.......en sluit sommer by die Klub ook aan! Ek het teen die einde van 2016 aangesluit as lid van die Klub en het onmiddellik - soos belowe is - my gratis ware as aansluitings-geskenk ontvang. Om sulke wonderlike leerinhoud gratis te ontvang is fantasties! Ek het ook nou alreeds die pakket vir Januarie ontvang en dit is uitstekende waarde vir die R30 ledegeld. Die boekies en werksvelle is uitstekend! n Mens kan sien dis opgestel deur n onderwyseres wat weet wat sy doen!
Marthinette - 2016-05-24
Goeie dag!! Sjoe, ek is soooo bly ek het hierdie webblad ontdek! Baie waardevolle inligting. Ek is 'n juffrou en mamma van 'n 6-jarige (gr.0) wat nou begin vlak 2 boekies lees.
Baie dankie vir hierdie blad!!!!
Rina Smit - 2015-10-17
Middag Marlene,

Ek wil vir jou dankie sê my seuntjie se Afrikaans het van ‘n 5 af verbeter na ‘n 7 toe.
Maretha Wolmarans - 2015-10-17
Ons is n Afrikaanse gesin wat tans in die VSA bly en ja, wat 'n uitdaging om my kinders te leer om Afrikaans te lees en skryf. Leerafrikaans123 was werklik die antwoord vir my. Marlene se boeke is so deeglik en oulik uiteengesit. Die belangrikste....my kinders is mal daaroor en leer so baie. Ek kan dit werklik aanbeveel!

Write a Testimonial

Name / Nickname *
Email *
Rating *
Testimonial *
Submit Testimonial

Kontak ons: 

Tel en adres besonderhede:

Kantoor inligting:


Indien u ons adres benodig kan u ons 'n e-pos stuur na info@leerafrikaans123.co.za
Cell:  SMS na (071) 6035105 en ons sal na u terug kom

 

Sales:  info@leerafrikaans123.co.za 

Not affiliated

www.leerafrikaans123.co.za  has no connection with www.leerafrikaans.co.za

Hierdie tuisblad is glad nie betrokke by www.leerafrikaans.co.za

Using this site means you accept its terms | Copyright © 2024 Aanleer van Afrikaans Graad R - Graad 3 (Kry toestemming van LA123 om fotostate te maak vir meer as 3 kinders)
Powered by Webpro | Created by IT Design
Top
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...