Prente lees help met:
Wenke hoe om die leeskaarte te gebruik:
Stap 1: Wys die prent vir die leerder/s. Hulle kry slegs 30 sek. om na prent te kyk.
Opdrag: Ek gaan nou vir julle 30 sek. gee om na die prent te kyk. Al wat julle eers moet doen is om op te noem wat julle gesien het.
Stap 2: Leerders kry elkeen ‘n beurt om ‘n woord te sê. Bv, Prent 1 - Voël, vlieg, vere, swerm, wolke, warm (Indien leerders vashaak - Kan onderwyser leiding gee deur leidrade te verskaf.) Die kinders leer vinnig om verder te dink as net die prentjie wat hulle sien.
Stap 3: Opdrag: Ons gaan nou al die woorde gebruik en begin om sinne te maak met elke woord.
Stap 4: Lees vir leerders ‘n storie oor swaeltjies of ander trek voëls. Leerders kan dan begin om stories op te maak oor die prent.
Begin: Daar was eendag....
Middel: Die voëltjie was baie moeg
Einde: Die voëltjie was bly om weer sy maatjies te sien.
Stap 5: Leerders teken prentjies van hulle storie en dit word in ‘n boekie saamgebind. Leerders lees nou hulle storie.
(Onthou: Hierdie is ‘n proses en moet nie afgejaag word nie. So ‘n projek kan ‘n maand of langer neem om te voltooi. Kies prente wat ooreenstem met die leerders te belangstellings en temas wat u in die klas gebruik.)
Vir die ouer: Hierdie is ‘n belangrike manier om u kind se woordeskat en kennis uit te brei en kan net so goed tuis gebruik word as by die skool.
Die produk sal aan u per e-pos gestuur word sodra bewys van betaling ontvang is.
Kontak ons:
Tel en adres besonderhede:
Kantoor inligting:
Indien u ons adres benodig kan u ons 'n e-pos stuur na info@leerafrikaans123.co.za
Cell: SMS na (071) 6035105 en ons sal na u terug kom
Sales: info@leerafrikaans123.co.za