Leer Afrikaans 123

Lees en leesgereedheid

 Marlene van der Berg   2019-01-29  Comments
Gr R Klub Des Ontluikende Lees

Dit is belangrik dat voordat met formele lees begin word om seker te maak dat u kind wel leesgereed is. 
 
Visuele en ouditiewe diskriminasie speel ‘n uiters belangrike rol by die aanleer van lees.
 
Visuele diskriminasie vereis ‘n vermoë om te kan vergelyk, klassifiseer en ooreenkomste en verskille te kan onderskei.  Ouditiewe diskriminasie stel die kind in staat om verskille en ooreenkomste in letters en woorde te kan hoor.
 
Kinders met die probleme sal sukkel om letterklanke te onthou of om klanke saam te voeg om ‘n woord te vorm.  (Oefeninge om visuele en ouditiewe diskriminasie by u kind te verbeter is op LeerAfrikaans123 se webwerf beskikbaar.- Saam met ander perseptuele vaardighede wat belangrik is vir die aanleer van lees.)
 
 
 Leesgereedsheidsprogram

1.         Gebruik “Ek leer lees - klankkaarte  a-z en die klinker klankkaarte.
 
Hierdie klankkaarte help met:
·      Oefening van oogbewegings van links na regs.
·      Versterking van oogspiere.
·      Visuele diskriminasie:  Herkenning van letters.
·      Ouditiewe diskriminasie: Hoor van klanke in woorde:  Begin, middel en eind klanke.
·      Leer van die alfabet/klanke.
·      Toevallige lees.
·      Lees van prente.
·      Voorgrond-agtergrond diskriminasie.
·      Middellyn –kruising.
·      Die maak van assosiasies.
 
2.     Ek leer lees met prente. (Prente
 
3.     My eerste alfabet boekie. (Uitbreiding van woordeskat.)
 
4.    Gebruik ook perseptuele vaardighede boekies om u kind te help om leesgereed te word.
 
§  Ouditiewe en visuele waarneming van ooreenkomste en verskille
§  Klassifisering volgens kleur, vorm, tekstuur, grootte en groepsoorte (diere, groente, vrugte)
 
5.     Gereedmaking vir lees deur middel van
§  Uitbreiding van die kind se woordeskat deur vertellings van stories, rympies, dramatisering, speletjies en uitstappies en
§  spesifieke oefeninge vir die bevordering van visuele en ouditiewe persepsie. 
§  Onthou en oordra van boodskappe.
 
Nog oefeninge wat u met u kind kan doen.
 
Links / Regs Diskriminasie
_ Maak 'n rooi sirkel om die voertuie en die mannetjies wat na regs beweeg en 'n blou sirkel om die voertuie en mannetjies wat na links beweeg.

Ouditiewe Diskriminasie

_ LETTER FORMASIE – FYN KOÖRDINASIE: SÊ DIE WOORD EN SKRYF DIE KLANK WAT JY LAASTE HOOR.

Ouditiewe Diskriminasie

SÊ DIE WOORD.   OMKRING DIE LAASTE LETTER WAT JY HOOR.  Die volgende vrae kan gevra word:  Watter klank hoor jy eerste?  Watter klank hoor jy laaste?  Watter klank hoor jy in die middel?  

Ouditiewe Diskriminasie
Fyn Koördinasie
_ Kleur die prente in wat met 'n o- begin.

Logiese Denke
_ Trek 'n streep deur die prentjie wat pas by die een in die blokkie en sê hoekom dit pas.

Oogebewegings:  

Oefeninge - links na regs

Aksie woorde  - Maak kaarte met aksie woorde.

Leerder/s doen die aksies.  Later word die woorde van die prente verwyder en die leerling/e moet die woorde by die prente pas.  Hulle moet ook die aksies kan uitvoer deur net na die woorde te kyk wanneer dit vir hulle geflits word.

Posisie in die ruimte

Die onderwyser pak of plak die woorde by die regte posisies

  1. Leerder voer self opdragte uit:

Staan voor die tafel.
Staan op die tafel.
Sit onder die tafel.
Staan agter die tafel.
 

  1. Later word die woord, wat posisie aandui, van die prent verwyder. Die leerder moet nou self die woorde by die korrekte posisie pas.

 

  1. Later kan die woorde in sinne toegepas word. 

Die artikel vervolg met Formele Lees.  

Filter

Search

Show

20
20
32
64
100
200

Sort

Age: New to Old
Age: New to Old
Age: Old to New
Title

Latest Blogs

Lees en leesgereedheid
Search  

Comments

Johanna - 2022-09-21 19:18:02
Dankie

Write a Comment

Replying to...
Name / Nickname *
Email *
Comment *
Submit Comment

Kontak ons: 

Tel en adres besonderhede:

Kantoor inligting:


Indien u ons adres benodig kan u ons 'n e-pos stuur na info@leerafrikaans123.co.za
Cell:  SMS na (071) 6035105 en ons sal na u terug kom

 

Sales:  info@leerafrikaans123.co.za 

Not affiliated

www.leerafrikaans123.co.za  has no connection with www.leerafrikaans.co.za

Hierdie tuisblad is glad nie betrokke by www.leerafrikaans.co.za

Using this site means you accept its terms | Copyright © 2024 Aanleer van Afrikaans Graad R - Graad 3 (Kry toestemming van LA123 om fotostate te maak vir meer as 3 kinders)
Powered by Webpro | Created by IT Design
Top
Who doesn't like cookies?
This website uses cookies to ensure you get the best experience. Read more...